Getuienis |
Kiddi Beat Gospel
|
Hi Sanet,
Ek gee vir die 2-4 jariges klassie by ons kerk en geniet elke oomblik. Ek het gisteraand vir Elize gesê ek is so opgewonde oor hierdie program dat ek sommer lus het en gee elke Sondag klas... Voor ek aangaan, ek en my seuntjie van drie het so paar maande terug bietjie "gewerk" aan die tien gebooie, totdat hy dit nou behoorlik verstaan het. Toe kom kuier daar mense by ons en Luan vra toe vir die man (42 jaar oud) of hy vir hom God se tien reëls kan verduidelik...Luan het toe vir hom dit opgenoem en vir hom gesê wanneer ons nie God se reëls gehoorsaam nie, word ons gestraf. Die persoon het nie veel gereageer nie, maar ek kon sien hy is baie ongemaklik. So drie weke later het die mense weer by ons kom kuier en toe vertel die man vir my, dat die dag toe Luan vir hom die tien gebooie verduidelik het, hy besef het, hy het net vyf daarvan geken. Hy het skaam gevoel, want hy se hy kan tien soorte sigarette opnoem en tien soorte biere opnoem, maar het nie geweet van die ander 5 gebooie nie.
Toe ek deur program 5 lees toe besef ek net....as ons kindertjies dit kan verstaan en begryp en kan oorvertel, sal dit darem "GREAT" wees, want as Luan 'n man van 42 jaar oud kon beïnvloed het, hoe te meer kan hy nie die maatjies van sy eie ouderdom beïnvloed nie?
Ons het Sondag die "waarheids" kaartjie behandel, dat God in ons leef. Ek het vir Luan gesê dat hy elke dag hierdie week vir iemand moet vertel dat God in hom leef, en gister het hy wragtig vir 'n vreemde tannie in die winkel uit die trollie gesê dat God in hom leef.
Jy is welbekend in ons huis, Luan en Hendro praat van jou asof jy familie is en ek wil regtig vir jou dankie sê vir dit wat jy al vir ons beteken het. Ons ken jou nie persoonlik nie, maar weet jy is baie spesiaal vir ons.
Luan is MAL oor Dawid en Goliat en hy en Hendro (17 mnd oud) se voorkoppe het gereelds so effense blou skynsel, soos wat hulle speel hulle is Dawid en Goliat....
Mag die Here jou en jou gesin seën...
Liefde
J Fourie